Saoedi kry vroulike ambassadeur

België het besluit om as toets ’n vroulike ambassadeur na Saoedi-Arabië en Iran te stuur, twee lande waar vroue se regte gruwelik misken word.

In veral Saoedi-Arabië het vroue feitlik geen regte nie, en kon vroue eers sedert vanjaar ’n motor besit en bestuur.

België beskou dit as ’n gewaagde eksperiment wat egter ’n duidelike sein kan uitstuur oor hoe die konserwatiewe owerhede teenoor haar optree.

Volgens die media in België is Dominique Mineur aangestel as ambassadeur in Saoedi-Arabië, en sal Veronique Petit in die toekoms na Iran gestuur word.

Vroeër was België een van die vyf lande wat die kontroversiële kandidatuur van Saoedi Arabië vir die Verenigde Nasies se Vroue Kommissie ondersteun het.

Waarnemers meen die optrede van België sal die druk op beide lande verhoog om die grense van vroueregte te verskuif.

Foto – Ambassadeur Dominique Mineur