Rusland verbied by Olimpiese Winterspele

Slegs ’n aantal Russiese atlete sal mag deelneem aan die Internasionale Olimpiese Winterspele van 2018 vir parapleë, sê ’n woordvoerder van die Olimpiese Komitee.

Die Russiese Olimpiese Komitee is deur die Internasionale liggaam geskors en dus sal deelname van die meeste Russiese atlete nie toegelaat word nie.

Die IOK het Rusland verban uit die 2018 Winterspele wat in Pyeongchang gehou word, en Rusland is slegs twee maande voor die aanvang van die Spele daarvan in kennis gestel.

Die verbanning spruit uit ’n reeks voorvalle waar Russiese atlete betrap is dat hulle opkikkers gebruik het in die vorige spele, wat beteken dat slegs diegene wat nie skuldig bevind is nie, die Winterspele as individue mag bywoon.

Die Russe het ook ’n boete gekry van $15 miljoen om te vergoed vir die wye reeks ondersoeke wat gedoen is om die Russiese atlete te toets.

Die IOK president, Thomas Bach, sê die klein groepie Russiese atlete wat mag deelneem, word onder streng voorwaardes toegelaat en die Russiese vlag en volkslied word vervang met dié van die Olimpiese Komitee gedurende die seremonies.