Poetin se land is toksies

Dit word  algemeen aanvaar dat president Vladimir Poetin van Rusland weer beskikbaar sal wees om verkies te word as president van sy land.

Die verkiesing wat in 2018 gehou word, sal president Poetin se vierde termyn inlei om sy land te regeer, maar bewerings word gemaak dat die president se herverkiesing gevaarlik kan wees.

’n Kenner van die Russiese staat sê die land is toksies, ’n gevaarlike staat wat deurlopend provokasie veroorsaak en ’n bedreiging geword het vir wêreldvrede.

Rusland is gedurig betrokke by konfrontasie en kleiner voorvalle van oorlog en doen dit onder die vaandel van terrorisme bestryding, maar maak daarmee “vriende” met verskeie state vir die hulp wat verleen is.

Opnames wat gemaak is, toon reeds dat Poetin minstens 62% van die kiesers se steun geniet, en die verwagting is dat die persentasie nog gaan styg.

Die meningsvormer en kenner van die Russiese politiek sê die steun is nie omdat almal hom wil herkies nie, maar omdat sy sterkste moontlike opponente reeds uitgeskakel is en mense daardeur laat glo daar is nie ’n ware alternatiewe leier nie.

Alexei Navalny is uitgeskakel omdat hy “as misdadiger” gevange geneem is en derhalwe nie as kandidaat beskikbaar mag wees nie ingevolge die Russiese kieswet.

Politieke ontleders beskou Alexei Navalny as die enigste werklike talentvolle politieke figuur wat Rusland kan regeer, maar juis daarom is hy as onskuldige mens skuldig bevind in ’n Russiese hof.

Dit maak Rusland se politieke arena uiters toksies.

Foto – President Vladimir Poetin