Pieter Mulder groet

Die vorige leier van die VF Plus, dr. Pieter Mulder het na byna 30 jaar as parlementslid uitgetree.

In die tyd was hy vyf jaar wat hy as adjunkminister van landbou in Jacob Zuma se kabinet. Dit het tot verdeeldheid in sy eie party gelei, en sy jeugleier, Cornelius Kanse van Rensburg, en parlementslid Willie Spies, het uit protes uit die party bedank.

Tydens sy afskeid in die parlement is hy met staande applous deur die lede gegroet.

Later vandag sal hy aankondig wie hom sal opvolg as parlementslid, en sal hy ook sy indrukke en beoordeling van positiewe en negatiewe veranderinge in die parlement oor drie dekades belig.

Hy het in sy tyd ses presidente sien kom en gaan, en beskryf hulle as volg:

PW Botha: “Partypolitieke apparatchik;”

FW de Klerk: “Goeie debatteerder en politieke dobbelaar;”

Nelson Mandela: “Victoriaanse gentleman – wat net betyds bedank het;”

Thabo Mbeki: “Britse intellektueel met ingewikkelde hang-ups;”

Kgalema Motlanthe: “Wyse leier en vakbondman – wie se nederigheid na ʼn gebrek aan selfgelding lyk;

Jacob Zuma: “Vriendelike en charismatiese tradisionele hoofman – wat nie president van ʼn land met ʼn ingewikkelde moderne ekonomie moes geword het nie.”