OVK mors verkiesing op

Die Onafhanklike Verkiesingkommissie (OVK) het ‘n verkiesing in die Vrystaat sodanig opgemors, dat hy self moet erken dat hy dalk ‘n herverkiesing moet hou.

Die tussenverkiesings is gehou in Sasolburg en omliggende gebiede.

Die OVK het die verkeerde stembriewe by een stembus gehad.

Dit laat nou reeds vrae ontstaan of die OVK in 2019 ‘n geloofwaardige verkiesing sal kan hou.

Intussen wil die OVK die finale uitslae van die verkiesing terughou.

Met die uitslae wat wel bekend is, blyk dit dat die ANC se steun gedaal het van 45,03% in 2016, tot die huidige 29,1%. Ook die DA se steun het gedaal van 28,92% verlede jaar, tot 26,3%. Die EFF se steun het gestyg tot 15,36% en die SAKP, wat die eerste keer in sy bestaan aan ‘n verkiesing deelgeneem het, het 6,89% van die stemme gekry. VF Plus het ook ‘n geringe toename in steun gekry.