Ondersoek na dood van miljardêr egpaar

Die Kanadese polisie ondersoek die verdagte en misterieuse dood van een van die rykste egpare van die land,.

Barry Sherman en se vrou Honey.se onverwagse dood lyk verdag, het ’n woordvoerder van die Kanadese polisie die naweek gesê nadat die lewelose liggame in hulle luukse woonhuis in Toronto gevind is.

Alhoewel daar geen teken van inbraak en gewelddadigheid te bespeur is nie, word die vreemde voorval deeglik ondersoek.

Sherman is ’n bekende sakeman en oprigter van die farmaseutiese instelling, Apotex, en ook bekend vir sy filantropiese uitkyk.

Die egpaar het onlangs hulle luukse woning in die mark gesit, en ’n eiendomsmakelaar wou die woonhuis nog gereedmaak vir ’n skou geleentheid, en moes nou eers alles staak weens die polisie ondersoek.

Die egpaar se vier kinders het die nuus met skok ontvang en gesê dit is die laaste wat hulle verwag het.

Foto – Die egpaar Sherman