Nigeriese weermag bevry gyselaars

Soldate van die Nigeriese weermag het in die noordooste van die land 212 gyselaars bevry uit die kloue van die wrede Boko Haram terroriste.

Die weermag het bekendgemaak dat die bevryding in die stad Sanga gedoen is wat deur ’n hewige skietery voorafgegaan is.

In die proses is verskeie terroriste gedood wat deel was van Boko Haram wat sedert 2009 beheer gehad het oor die bevolking in Noord-Nigerië.

Die terroriste is verantwoordelik vir die duisende inwoners wat gedurende die afgelope agt jaar omgekom het in die geweld, en meer as 2,5 miljoen mense se lewens is ontwrig weens die teenwoordigheid van die terreurgroep.