Mickey wil die media verander!

Die finansiële reus, Walt Disney Maatskappy, gaan die televisie, filmbedryf en internasionale sake ondernemings van Rupert Murdoch se Twenty-First Century Fox oorneem in ’n transaksie wat beklink gaan word.

Twenty-First Century Fox het glo ingestem tot die transaksie wat die Walt Disney Maatskappy net meer as $52 miljard sal kos, plus sowat $14 miljard vir Fox se uitstaande skulde.

Met die transaksie al Disney beheer neem oor Fox Hollywood se film en televisie ateljees, asook die vermaaklikheid netwerk en internasionale TV sake belange wat alles in Mickey se muis-huis gevestig sal word.

Rupert Murdoch het ’n leeftyd gewy aan die uitbouing van sy enorme bedryf en sakebelange, en die verwagting is dat Mickey se baas, Robert Iger, sal aanbly as hoofuitvoerende beampte van die wêreldreus wat ’n besliste invloed gaan uitoefen op die media van die toekoms.