Meer vertroue in Rusland as in VSA

In die jongste opname wat in Duitsland gepubliseer is deur die ARD radiodiens, het die land se inwoners meer vertroue in president Vladimir Poetin van Rusland as in president Donald Trump.

Volgens die opname onder Duitse kiesers het die vertroue in Amerika gedaal sedert president Trump aan bewind gekom het in die VSA.

Duitsers sien Rusland as ’n meer betroubare vennoot met president Vladimir Poetin aan bewind as is Amerika, hul jare lange vennoot.

Die peiling toon dat 25% van die deelnemers gereken het dat die VSA ’n meer betroubare vennoot is, terwyl 28% glo dat Rusland die meer betroubare vennoot is.

Gedurende Junie vanjaar is ’n soortgelyke opname gemaak deur die radiodiens, en toe is gevind dat beide lande ewe betroubaar is met 21% vir elke land.

In die huidige opname is gevind dat 90% van die deelnemers glo dat Frankryk ’n betroubare vennoot is, en 60% glo Brittanje is steeds ’n betroubare vennoot.