Maak die wêreld gereed vir oorlog?

Met die jongste syfers beskikbaar, kry militêre deskundiges die gevoel dat die stygende aanvraag na militêre toerusting, ’n proses is waar die lande van die wêreld hulle voorberei op ’n groot en vernietigende oorlog.

Die huidige gesamentlike oefening deur Amerika met Japan en Suid-Korea het pas begin en word missiel opsporing vanuit Noord-Korea een van die belangrikste fokuspunte.

Die twee weke lange oefening volg nadat die kommunistiese regime van Pyongyang in Noord-Korea ’n massiewe groot ballistiese missiel lanseer het as deel van sy kernwapen program.

Die oefening ter see vind plaas in die gebiedswaters van Japan waar talle vliegdekskepe en vegvliegtuie in gesamentlike oefeninge betrokke is.

Volgens ’n Japanese woordvoerder is die doel om ondermeer “praktiese opsporing van voorwerpe toe te pas en inligting daaromtrent uit te ruil tussen die drie lande”.

Alhoewel geen woord gerep is nie, bestaan die vermoede dat die drie lande gereedmaak om enige moontlike missielaanval uit Noord-Korea die hoof te bied.