Lynne Brown weier om te bedank

Publieke Ondernemings minister Lynne Brown het ‘n duidelike NEE geantwoord op ‘n versoek in die parlement dat sy moet bedank oor haar mislukte bestuur rondom staatsentiteite en bewerings van staatskaping.

Sy meld dat ministers deur Zuma aangestel word en dit is dit.

Intussen word beskuldigings rondgeslinger wie korrup is of was in Eskom. Die geskorste hoofuitvoerende beampte van Eskom, Matshela Koko, het van sy kollegas beskuldig van korrupsie en as gevolg van van sy standpunt teen korrupsie het hy die teiken geword van aanvalle.

Volgens Koko het France Hlakudi, vorige projekbestuurder by Kusile kragstasie, R61 miljoen ontvang van Tubular Construction Projects as omkoopgeld.

Foto: Lynne Brown