Kanselier Kurz ten gunste van EU

Die dinamiese nasionalistiese kanselier van Oostenryk, Sebastian Kurz, sê sy land bly positief oor die Europese Unie (EU) te midde van die koalisie met die regse vennoot in sy regering.

Kanselier Kurz wil glo voor Kersdag sy nuwe regering saamstel maar wil intussen die Europese Unie se vrees besweer dat Oostenryk ook gekant kan wees teen verdere lidmaatskap.

Hy het die versekering gekry van die leier van die Oostenrykse Vryheidsparty dat hulle ook pro-Europa sal bly in die regering van kanselier Kurz.

Kanselier Sebastian Kurz het die verkiesing gemaklik gewen, maar moes ’n koalisie vorm met die nasionalistiese Vryheidsparty wie se beleid weinig verskil van die regerende Volksparty.

Kurz is die jongste regeringsleier wat nog in Oostenryk aan bewind gestel is en word allerweë beskou as ’n sterk leier wat ’n groot invloed sal uitoefen in die politiek van Europa.

Foto – Kanselier Sebastian Kurz