Kaapse pendelaars gestrand

Metrospoor het alle sentrale treindienste in Kaapstad gestaak.

Dit is die gevolg van maande se voortslepende vandalisme, kabeldiefstal en vernietiging van die infrastruktuur.

Kabels en substasies is die teiken van diewe en herstelspanne kan nie voor bly met herstelwerk nie.  Herstelwerk word tans gedoen onder gewapende toesig.

Dit blyk dat die stryd teen misdaad verloor is, en bring groot ontwrigting mee vir pendelaars in die sentrale gebied van Kaapstad.