Heerlike lemoenpatats

Miskien lus om hierdie lemoenpatats saam met die skaap- of varkboud vir u kersete te bedien? Vinnig en met bestanddele wat gewoonlik in die koskas te vind is. Dit het ‘n heerlike vars smaak.

 

Bestanddele:

1 kg patats

4 eetl botter

325 ml ligte bruin suiker

250 ml lemoensap

5 ml gerasperde lemoenskil

Klein stukkie gerasperde gemmer

Half teelepel sout

7 ml vlapoeier

 

Metode:

Kook die patats met skil aan tot gaar en laat afkoel.

Sny in lekker dik skywe of blokkies.

Gooi patats in gesmeerde oondbak.

Smelt botter in ‘n pot en voeg die suiker en vlapoeier by en roer tot glad.

Voeg die lemoensap by en prut tot glad.

Voeg nou die lemoenskil, gemmer en sout by en prut vir nog ‘n minuut.

Giet die sous oor die patats en bak vir 30 minute by 180 grade C