Geen deurbraak oor asielbeleid

Europese staatshoofde en regeringsleiers het die afgelope naweek geen deurbraak gemaak in hulle poging om ’n nuwe beleid te formuleer vir asielsoekers wat in Europese lande is nie.

In ’n tweedaagse byeenkoms het die leiers probeer om tot ’n vergelyk te kom oor watter norme belangrik is om asielsoekers te beoordeel en sekerheid te bied dat toelating nie die stabiliteit versteur nie.

Die moontlike veranderings het nodig geword nadat vier land, Pole, Hongarye, Slowakye en die Tsjeggiese Republiek te kenne gegee het dat hulle nie onwettige immigrante en asielsoekers in hulle land sal toelaat nie weens die gevaar van terreur aanvalle.

Die vier state het ook gesê hulle is nie te vinde vir die Europese Unie se verpligte kwotastelsel met verspreiding van die onwettige immigrante nie.

Die Europese Unie president, Donald Tusk, het belowe om ten Julie 2018 met ’n nuwe bedeling na vore te kom, maar kenners meen die vier lande sal nie oortuig word om ’n ander standpunt in te neem nie.

Intussen sukkel die EU om met die tweedaagse byeenkoms enige vordering te maak, en het hulle pogings om ’n einde te maak aan die sterk verskille, nog geen positiewe klanke gelewer nie.

Foto – President Macron en Kanselier Merkel