Franse Republikeine kies nuwe leier

Die 42-jarige Laurent Wauquiez is die afgelope naweek verkies tot nuwe lier van die Les Républicains, die grootste konserwatiewe party in Frankryk.

Die uiters konserwatiewe Laurent Wauquiez het reeds in die eerste rondte bykans 75% van sie stemme getrek teen die drie ander kandidate wat genomineer is.

Die reuse oorwinning het tot gevolg gehad dat geen tweede rondte stemming gehou is nie en is Laurent Wauquiez onder groot gejuig verwelkom is as nuwe leier.

Die nuwe leier se eerste, en waarskynlik sy grootste taak sal wees om die Republikeinse Party weer op dreef te kry na die insinking onder leiding van Francois Fillon wat deur die linkse sosialiste in omstredenheid gedompel is gedurende die presidentsverkiesing van verlede jaar.

Politieke waarnemers meen die Republikeine behoort sterk groei te toon nadat die Franse president, Emmanuel Macron, se aansien reeds ’n skerp daling getoon het volgens verskeie instansies se meningspeilings.

Wauquiez het na die verkiesing gesê die Republikeine sal ’n heel ander koers volg as wat tans deur die linkse president gevolg word, en een van die belangrikste verskille is dat die Republikeine nie gelukkig is met die Europese Unie nie, en ook nie gretig is om die Moslem immigrante verder toe te laat in die land nie.

Foto –  Laurent Wauquiez