EU wil immigrante verspreiding verander

Die Europese Unie president, Donald Tusk, het bekendgemaak dat hy ’n voorstander is daarvoor dat die kwotastelsel vervang moet word om immigrante te versprei deur die hele Europa.

Volgens hom is die kwotastelsel ’n faktor om groot en diepe verdeeldheid te veroorsaak tussen lidlande en daarom moet ’n beter stelsel ontwikkel word.

Die oproep van Tusk volg nadat talle besware oor die stelsel ontvang is, en wil die Europese Kommissie optree sodat ’n klimaat van eensgesindheid gekweek kan word terwyl meer aandag gegee moet word aan Griekeland en Italië wat die meeste immigrante moet akkommodeer omdat die grootste aantal onwettige immigrante daar aanland.

Talle lande het intussen nasionalistiese regerings gekry weens die Europese Unie se toelating van miljoene onwettige immigrante na Europa, en in baie lande het die opkoms van nasionalisme ’n direkte verband met die grootskaalse toelating van onwettige immigrante en terroriste uit Moslem- en Afrikalande.

Ingeligte bronne beweer dat die ommeswaai van Tusk direk verband hou met die vrees dat nasionalisme kan lei tot die totale ontbinding van die Europese Unie.

Foto – Donald Tusk