Eerste leerling van CVO Gromar ontvang Bokkiebaadjie

Marné de Jager is die eerste leerling van CVO Gromar wat vir die Bokkie netbalspan gekies word.

Sy het tydens ‘n spoggeleentheid op Vereeniging haar Bokkiebaadjie in ontvangs geneem.

Die span toer vroeg in Desember na Engeland en die kinders glo dit gaan ‘n onvergeetlike ervaring vir hulle wees.

Die skoolhoof van Gromar, mnr. Swart, sê hulle is baie trots op Marné, wat ook die skool se hoofdogter is.

Foto: Marné de Jager en mnr. Swart, beide in hulle Bokkiebaadjies