Duitsland se Blou Party bekendgestel

Die voormalige leier van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD), dr. Frauke Petry, het haar nuwe politieke party aan die media bekendgestel.

Die party wat bekendstaan as die Blou Party het tot stand gekom nadat dr. Petry haar nie meer met die AfD se optrede kon vereenselwig nie.

Dr. Frauke Petry, wat algemeen beskou word as Duitsland se Eerste Dame onder die nasionaliste, het etlike maande gelede haar Blou Party gestig met ’n beleid wat min verskil van die AfD maar wat glo nie ’n ekstremistiese benadering wil volg nie.

Verskeie leiersfigure het die AfD verlaat en aangesluit by Petry se Blou Party, maar kenners het hulle bedenkinge of die party werklik ’n staanplek verdien, alhoewel Petry glo dat baie kiesers uit Merkel se CDU aansluiting sal vind.

Foto – Dr. Frauke Petry