Diesel en petrol skiet die hoogte in

Die tekort wat tesourie tans bevind moet klaarblyklik deur ‘n verhoogde brandstofprys geïn word.

Volgens beramings gaan petrol met 61,1 sent en diesel met 71,9 sent per liter styg op 6 Desember 2017.  Dit  geskied op dieselfde dag wanneer die skole sluit en die jaarlikse vakansie uittog na die kus en vakansie oorde begin.

Boere word veral hard getref aangesien die plantseisoen nou in volle swang is.

Motoriste in SA betaal meer as enige ander Suider-Afrika land weens die hoë heffing op brandstofpryse wat deur die regering gehef word.

Sedert 1994 is daar ook geen klagtes vanuit die taxibedryf oor die hoë pryse nie aangesien die vermoede bestaan dat die regering die minibus taxi’s subsidieer met brandstof aankope.