CVO Gromar gee vir Vallei Dierefonds

CVO  Gromar se laaste Omgee Projek vir 2017 was ‘n fondsinsameling vir die Vallei Dierefonds.

Die leerlinge het ywerig hul bydraes skool toe gebring waardeur ‘n bedrag van R3 510 aan me. Natalie Grobler oorhandig word.

Die personeel en leerlinge van CVO Gromar het van die geleentheid gebruik gemaak om vir Natalie te bedank vir haar onbaatsugtige werk en toewyding waarmee sy na die Vallei se honger en mishandelde diere omsien.  Dit wat sy daagliks doen om die diere se lyding draagliker te maak, word opreg waardeer. Min mense sien kans om te doen wat sy elke dag sonder vergoeding  doen ,hul lewenstaak te maak.

Talle diere sal gedurende die lang Desembervakansie weer sonder kos en drinkwater gelos word terwyl hul eienaars met vakansie gaan. CVO Gromar hoop dat sy bydrae die Vallei Dierefonds se taak ‘n bietjie makliker sal maak.