“Cowboy aartappels”

“Cowboy aartappels” iets anders al is dit somer. Chilli Con Carne gevulde gebakte aartappels.

Bestanddele:

4 – 6 groot aartappels gaar gebak in die oond

60 ml olyfolie

1 kg maalvleis

1 ui fyngekap

2 knoffelhuisies fyngekap

1 groen brandrissie fyngekap

2 x 400 gr blikke kersietamaties

sout en gemaalde swart peper

5 ml gerookte paprika

3 x 400 gr blikke botterbone – gedreineer (of blik boontjies van u keuse)

250 ml suurroom

Grasuie vir garnering

 

Metode:

Verhit olie in diep kastrol en braai die maalvleis tot gaar.

Voeg die ui, knoffel, brandrissie en tamaties by en roer goed deur.

Geur met sout, peper en paprika.

Voeg bone by en laat prut dit vir 1 uur met deksel op.

(Indien sous nie verdik het nie, prut tot sous afgekook is).

Sny aartappels in lengte middeldeur en haal bietjie van die aartappel uit en gebruik dit in ‘n ander gereg. (Dit vries ook goed vir latere aartappelkoekies)

Skep in elke bord ‘n oopgesnyde uitgeholde aartappel en vul met maalvleisvulsel.

Sit voor met suurroom en sny die grasuie in skyfies en strooi dit oor die room.

Wenk: U kan ook “bully beef” gebruik in die plek van die maalvleis. Verkort net die kooktyd en dit beteken dat u basies net tot die sous verdik het. Dit sal ‘n paar minute duur en nie die 1 uur kooktyd nie.

Heerlik veral vir iemand wat van sterk kos hou. Geniet u ete.