Zuma waarsku oor staatskaping ondersoek

Jacob Zuma het in die parlement diegene gewaarsku wat ‘n ondersoek in die staatskaping aanvra en gesê dat hulle jammer gaan wees.

Volgens hom is diegene wat die meeste korrup is, diegene wat ander beskuldig van korrupsie.

Sy waarskuwing word gesien as ‘n bedekte dreigement aan al die LP’s en ander kaders wat by die krip staan en eet dat hul ook gesink gaan word of dat hulle almal saam die blaam sal moet vat vir al die wandade in die regering.

Zuma het voorheen aangedui dat hy ‘n geregtelike kommissie na staatskaping sal aanstel, maar versuim tot dusver om dit te doen, terwyl Ramaphosa ook nie kans sien om so ‘n kommissie aan te stel nie.