Zimbabwe se president ingesweer

Emmerson Mnangagwa, die voormalige visepresident van Zimbabwe, is Vrydag ingestel as die land se nuwe president wat die afgesette Robert Mugabe vervang.

Die 75-jarige Mnangagwa het Vrydag die eed afgelê as nuwe president van Zimbabwe wat die diktator Mugabe opvolg wat onder druk van die weermag generaals en die ZANU-PF leiers bedank het om moontlike vervolging vir sy misdade te vermy.

Mugabe se aflegging het gekom nadat hy Emmerson Mnangagwa afgedank het om plek te maak vir sy vrou Grace om visepresident te word.

Tydens die inhuldiging van president  Mnangagwa het meer as 50 000 Zimbabwiërs saamgedrom by ’n sportstadion in die hoofstad Harare om die geleentheid mee te maak.

Mugabe se afdanking hou direk verband met sy optrede om die visepresident te ontslaan, en daarmee is sy vrou Grace se aspirasies om president te word, ’n nekslag toegedien..

Foto- President Emmerson Mnangagwa en sy gade