Yskoue Orostert vir die hitte.

Lemoenkwastert:

Bestanddele:

30 ml gelatien

75 ml koue water

Tennisbeskuitjies vir kors

1 blik yskoue ingedampte melk (Idealmelk)

200 ml suiker

400 ml yskoue Oros lemoenkwas

 

Metode:

Week die gelatien in die koue water en verhelder dit oor kookwater.

Pak die beskuitjies op die boom en teen die kante van ‘n tertbak wat 30 x 20 x 5 cm is.

Klits die Idealmelk tot dik en klits dan die suiker geleidelik by.

Klits die gesmelte gelatien geleidelik by en dan die lemoenkwas.

Giet die mengsel op die beskuitjies en plaas in die yskas om te stol.

 

Geniet saam met ‘n koppie tee.