Wilders besoek Rusland

Die leier van die nasionalistiese Party vir Vryheid in Nederland, Geert Wilders, sal eersdaags ’n besoek bring aan Rusland, maar dit is nie duidelik wat die rede vir sy besoek is nie.

Hy het in ’n onderhoud gesê die Russe is nie die werklike vyand van Nederland nie, en meen dit is nodig dat beter betrekkinge met Rusland gesmee behoort te word.

Hy wys daarop dat Rusland saam met Westerse lande opgetree het om terrorisme te beveg, en is steeds gewillig om daarmee voort te gaan.

Wilders het op ’n vraag gesê hy aanvaar geen donasies of skenkings van die Russe nie en sal uit eie fondse betaal vir sy reis en besoek aan Rusland.

Hy het dit duidelik gemaak dat daar wel in Europa mense is wat die Russe haat, maar daar is ook ander, alhoewel hulle nie met alles saamstem wat die Russe doen nie.

Hy het in die verband verwys na Rusland se betrokkenheid in die Krim gebied, en die moontlike optrede tydens die MH-17 vliegtuig wat neergestort het, is twee voorbeeld van optrede wat afgekeur word.

Wilders het aan die einde van die onderhoud gesê as dit gaan oor patriotisme, is daar veel wat Nederlanders by Rusland kan leer.

Foto – Geert Wilders