Wêreld Nuusflitse – 30 November

Bitcoin

Die Nobelpryswenner in 2001 vir ekonomiese sake, Joseph Stiglitz, het bepleit dat ’n wêreldwye verbod geplaas word op die Bitcoin geldstelsel wat tans meer as R140 000 per eenheid werd is.

 

Joegoslawië

Slobodan Praljak (72), die Bosniese Kroaat wat skuldig bevind is aan oorlogsmisdade, het in die Internasionale Geregshof in Den Haag hof opgestaan en beswaar gemaak teen sy skuldigbevinding en daarna ’n glasie met gif gedrink wat sy dood veroorsaak het.

 

Saoedi-Arabië

Die Saoediese prins, Miteb bin Abdullah, is skuldig bevind aan korrupsie, en het sy vrylating verkry met die betaling van ’n boete van een miljard dollar.