Wêreld Nuusflitse – 27 November

Suid-Afrika

Oscar Pistorius se tronkstraf is van 5 jaar na meer as 13 jaar verleng met die hofuitspraak in die Bloemfonteinse Appèlhof.

 

Zimbabwe

Die afgesette president Robert Mugabe van Zimbabwe het toestemming om in die land te bly, en sal nie vir sy wandade van die verlede vervolg word nie, terwyl die egpaar se veiligheid ook gewaarborg word.

 

Frankryk

Politieke ontleders in Europa meen president Emmanuel Macron se invloed alleen is te min om sy hervormings deurgevoer te kry in die Europese Unie soos wat hy tydens sy verkiesingsveldtog onderneem het om te doen.

 

Egipte

Minstens 310 mense is by ’n moskee in Egipte gedood deur ’n terroristegroep wat die naweek ’n aanval uitgevoer het, en as splintergroep van die Islamitiese Staat beskou word omdat IS vlae vertoon is tydens die aanval.

 

VSA

President Trump van Amerika is vir ’n twee jaar agtereenvolgens verkies as “Man van die Jaar”, maar het die toekenning van “Times” vriendelik van die hand gewys.

 

Zimbabwe

Die eerste minister van Zimbabwe onder Mugabe se bewind, het reeds in die hof verskyn op aanklag van korrupsie, maar kenners meen die nuwe president is self nie sonder ernstige misdade op sy kerfstok nie.