Wat eet ons vanaand?

Varktjops met piesangs en patats

Bestanddele vir die sous:

200 ml tamatiepuree

25 ml suurlemoensap

1 fyngekapte ui

12,5 ml Worcestersous

Sout na smaak

 

Meng al die bestanddele vir die sous saam.

 

4 varktjops

12,5 ml olie

2 piesangs in skywe gesny

2 patats, geskil en in skywe gesny

25 ml bruin suiker

12 ml botter

 

Laat die vleis 1 tot 2 ure in die sous lê.

Pak in ‘n oondskottel wat met olie gesmeer is.

Pak piesang- en patatskywe bo-oor

Strooi die suiker oor

Stip met botter en bak in ‘n matige oond van 180 grade C tot die vleis sal en blink bruin is.

Bedien met witrys en mengelslaai.

 

Genoeg vir 4 porsies.