VSA verklaar Noord-Korea as terroriste borg

Na nege jaar sedert die VSA die Noord-Koreaanse regering as ’n borg vir terroriste opgehef het, word oorweging gegee om die kommunistiese skiereiland weer op hulle lys van terroriste borge te plaas.

Die skuif van die Amerikaanse regering kom nadat Noord-Korea se kernwapen ontwikkelingsprogram ’n bedreiging geword het vir wêreldvrede.

Die spanning tussen president Donald Trump en die kommunistiese leier, Kim Jong-Un het sodanig toegeneem dat vrese ontstaan het dat ’n derde wêreldoorlog kan begin.

President Trump het sy kabinet Maandag meegedeel dat die stap ongelukkig reeds geruime tyd agterweë gebly het en deel vorm van die druk wat op die skiereiland geplaas word om af t sien van sy kernprogram.

President Trump het gesê die stap het te lank agterweë gebly aangesien Noord-Korea steeds ’n gevaar vir wêreldvrede is.

Met die stap sal die Departement van Finansies nuwe en strenger sanksie maatreëls aankondig wat teen Noord-Korea ingestel word.