VSA slaan terroriste genadeloos

Talle vegters van die Islamitiese Staat (IS) het omgekom in Somalië toe die Amerikaanse lugmag met lugaanvalle toegeslaan het op die bende se basisse.

Dit is die eerste keer dat die Amerikaanse weermag optree teen terroriste in Somalië, en met die eerste twee lugaanvalle is tientalle terroriste gedood.

Die terroriste het ’n groeiende gevaar geword in die land, en die IS leiers weet dat die land se weermag nie oor veel slaankrag beskik nie, en ook nie die gevaar inhou van lugaanvalle nie.

Die Amerikaanse lugaanvalle het as ’n verrassing gekom, en paniek onder die vlugtende terroriste veroorsaak.

Die VSA lugmag tree op in samewerking met die regering van die land, en wil daarmee ook uitvoering gee aan president Trump se waarskuwing dat die terroristebeweging tien keer harder geslaan sal word as wat die terroriste met elke terreurdaad veroorsaak.