Vraestelle lek uit by Natal Universiteit

As jy sielkunde studeer het jy dalk die vermoë om die eksamen vraestel vooruit te “sien”.

Vier vraestelle van die sielkunde departement by die Universiteit van Natal is op sosiale media “gepos” voor die eksamen.

Owerhede sê dat hul in die toekoms sal verseker dat vraestelle nie uitlek nie.

Die vraag ontstaan egter hoe sekuriteit so laks kan wees by ‘n tersiêre instelling dat vier vraestelle uitlek.

Wie daarvoor verantwoordelik is, is ‘n ope vraag en kan selfs departementslede, administratiewe personeel en IT personeel wat met die inligting werk, insluit.

UN is vroeër die jaar betrek by ‘n skandaal waar toelatings “verkoop” is tot die gesondheidsdepartement.