Vlaandere hoop op Katalonië se sukses

Die geskil tussen regeringslui van Vlaandere en Spanje veroorsaak spanning wat vroeër nie bestaan het nie, maar wat nou met die krisis in Katalonië, ook die vryheidsgesindes in beide lande nader aan mekaar bring.

Die Spaanse woordvoerder het op ’n TV uitsending skerp gereageer op die uitlatings van die minister van binnelandse sake, Jan Jambon, van die Vlaamse regering.

Hy reken die konflik wat wel bestaan, is tussen Wallonië en Vlaandere en nie tussen die regerings van België en Spanje nie.

In sy relaas oor Vlaandere, sê hy die Vlaamse regering hoop op sukses vir Katalonië om hulle onafhanklikheid te kry omdat Vlaandere ook ten gunste van hul eie onafhanklikheid is.

Waarnemers sê die regerende konserwatiewe Volksparty van Spanje moet net ’n oomblik stilstaan by hulle eie geskiedenis van stryd voordat hulle te ongevoelig optree teen die separatiste van Katalonië.

Verskeie meningsvormers het hulle steun toegesê aan die Nobel pryswenner wat gesê het Spanje moet Puigdemont eerder die geleentheid gee om aan die verkiesing van 21 Desember deel te neem, en almal moet daarna die uitslag aanvaar.

Foto – Carles Puigdemont