Vinnige nagereg

Lus vir nagereg en nie lus vir baie voorbereiding nie? Probeer die volgende nagereg in ‘n japtrap.

4-lepel nagereg

Bestanddele:

4 eetl koekmeel

4 eetl suiker

4 eetl appelkooskonfyt

Halwe koppie kookolie

1 koppie melk

1 teelepel koeksoda

knippie sout

 

Metode:
Roer al die nat bestanddele saam en meng goed.

Voeg al die droë bestanddele saam en voeg by die nat bestanddele.

Meng baie goed.

Plaas in ‘n glas oondbak en bak vir 30 – 35 minute by 180 gade C.

Geniet die vinnige nagereg