Verval by universiteite

Die Verslag van die Raad op Hoër Onderwys (RHO) het skokgolwe deur tersiêre instansies gestuur.

Drie van die land se universiteite kan hul akkreditasie verloor om regsgrade aan te bied terwyl ‘n vierde se akkreditasie reeds terug getrek is.

Die  RHO se ondersoek na die graad LLB het gemaak dat die Universiteit van Limpopo, Universiteit van Zoeloeland en Universiteit Kaapstad in kennis gestel is dat hul akkreditasie teruggetrek gaan word.

Die instansies is tyd gegun tot Mei 2018 om te reageer op die aanbeveling.

Die Walter Sisulu Universiteit se akkreditasie is reeds teruggetrek.  Studente blameer die bestuur van die universiteit vir die verlies aan akkreditasie, en is nou bekommerd dat hulle geen werk sal kry as hulle dié universiteit se kwalifikasie het nie.