Veiligheidswagte staak by Steve Biko

Sekuriteitswagte van die Born to Protect groep staak sedert Sondag en verhoed toegang tot die Steve Biko hospitaal met brandende bande en lemmetjiesdraad.

Laat salarisbetalings word aangegee as die oorsaak van die staking.

Op die stadium is dit onseker hoe hierdie optrede die toegang van ambulanse en pasiënte raak, wat moontlik mense se lewens in gevaar kan stel.