UK se fooie styg met 8%

Die bestuur van Universiteit Kaapstad het bekend gemaak dat hul ‘n voorstel op tafel het dat klasgelde met 8% en koshuisgelde met 10% wil verhoog.

Studente wat gepoog het om klasse te ontwrig is deur polisie met skokgranate uitmekaar gejaag, en een is gearresteer.  Studente het weer soos barbare menslike afskeiding in een van die wetenskap geboue gegooi, en van die universiteit se busse se bande is stukkend gesny.

Die bestuur van die universiteit het intussen privaat veiligheidswagte op die kampus geplaas om die situasie dop te hou.