Tyddeel maatskappye moet dalk opdok

‘n Prokureur, Trudie Broekman, is van plan om ‘n klasaksie saak teen tyddeel maatskappye te bring.

Volgens Broekman is die kontrakte ongeldig en onwettig en voldoen nie aan die bepalings van die Verbruikers Wet nie.

Broekman het sover daarin geslaag om 48 kontrakte van kliënte gekanselleer te kry van onder andere Quality Vacation, African Club Innovations (ACI), Multi Destination Club, Dream Vacations, Lifestyle Vacation Club en Flexi Club.

Daar word bereken dat daar 740 000 tyddeel eienaars in SA is.

Broekman beweer dat eienaars moontlik al hul gelde kan terugwin.