Trump stuur duisende weg uit VSA

Die verwoestende aardbewing wat Haiti in 2010 getref het, en duisende mense elders ’n heenkome moes vind wat uiteindelik in die VSA aangekom het, gaan teruggestuur word na hulle land van herkoms.

President Donald Trump se regering het besluit om sowat 60 000 mense wat van Haiti afkomstig is, en die afgelope jare in die VSA gewoon het, terug te stuur.

Die immigrante moet binne die volgende 18 maande terug keer na hulle tuisland, en volgens die Amerikaanse ministerie van Binnelandse Veiligheid het die omstandighede in Haiti drasties verbeter en teruggekeer na normaal.

’n Woordvoerder in Suid-Afrika het aan Die Vryburger gesê hy meen dit klink na ’n daad van apartheid, want so baie mense wat verskuif word na hulle tuisland, is soortgelyk aan wat beoog is in Suid-Afrika tydens die apartheidsjare.