Tot siens laerskool, hallo hoërskool

 

Die graad 7-klas van CVO Gromar het hul laerskool loopbaan op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n onlangse besoek aan Serengeti-vakansieoord.

Die leerlinge het heerlik in die verskillende swembaddens baljaar en elke moontlike glyplank met groot entoesiasme uitgetoets. Na ‘n regte vakansie-ete met baie verversings, ‘n hamburger, skyfies en koeldrank was almal behoorlik uitgeput en teen 17:00 die middag is halt geroep. Mevve. Sarie van Aardt en Joharine Nienaber het gesorg vir allerlei eetgoed en as toesighouers saam met die klasonderwyser, mnr. D Morkel, opgetree.

CVO Gromar het hierdie groep leerlinge sterkte toegewens met hul hoërskoolloopbaan wat in Januarie 2018 begin. Daar is groot verwagting by die skool dat hierdie klas nog sal uitstaan as ‘n besondere groep leerlinge in die anale van CVO Gromar Privaatskool.

Foto: Die leerlinge is van links na regs:

Voor:               Stephan Meyer, Patrys Burger en Andre Muller

Middel:           Inelle Nieman, Charl Vosloo, Reinhardt Wolmarans en Eben de Vries

Agter:              Suné van Aardt, Renette Nienaber, Xander Bothma en Derik van der Ryst