Tesla sukkel en toon reuse verlies

Die Suid-Afrikaans gebore tegnoloog, Elon Musk, se motorvervaardiging van Tesla Model 3 motors vaar nie so goed as wat beplan is nie.

Sy elektriese model aanleg kon nog nie naby sy gestelde doelwit kom nie, en het in die afgelope kwartaal meer as $600 miljoen verlies getoon.

Nou is nuwe doelwitte gestel om in die eerste kwartaal van 2018 sowat 5 000 eenhede per week te vervaardig van die Model 3 elektriese modelle.

Blykbaar het groot verliese in die battery vervaardigingsaanleg die vervaardiger beroof, en moes die Teslaspan koppe bymekaarsit om die talle bottelnek gevalle uit die weg te ruim.

Volgens die jongste verslae is dit die battery aanleg in Nevada Giga Fabriek wat probleme ondervind en moes sekere herontwerp van sekere lyne dringend gedoen word.

Intussen word aandag gegee aan die oprigting van ’n Tesla motor vervaardigingsaanleg wat in Sjina tot stand gaan kom binne die volgende paar maande.

Die jongste inligting lui dat Tesla aandele steeds 50% hoër is as in Januarie, maar het wel met 17% geval in die afgelope maand.