Tesla se reuse battery gereed

Tegnoloog Elon Musk het die wêreld verras toe hy aangekondig het dat hy binne 100 dae die wêreld se grootste batterynetwerk gaan oprig en gereed kry, toe hy binne enkele weke later bekend gemaak het dat die stelsel gereed is.

Die reuse battery wat Tesla in Australië opgerig het, is die wêreld se grootste en is opgerig in minder as 100 dae waarmee Musk ’n weddenskap op die sosiale netwerk gewen het.

’n Elektriese probleem wat in die Australiese kragnetwerk ontstaan het, het die owerheid verplig om ’n groot gebied se krag op die sentrale netwerk te ontkoppel, en daarmee het Musk se nuwe battery tot hulp gekom om die krag te voorsien terwyl die ernstige probleem reggestel word.

Die reusebattery beskik oor ’n lewerings vermoë van 100 megawatt en sal in die toekoms ook van groot waarde wees om in piektye ondersteuning te gee aan die netwerk.