Terroriste kry nekslag met dwelmmiddel verlies

Die Italiaanse polisie het die Islamitiese Staat (IS) terroriste ’n swaar slag toegedien toe hulle beslag gelê het op ’n massiewe besending dwelmmiddels.

Die besending dwelmmiddels se straatwaarde word op sowat $60 miljoen geskat waarvan die winste deur die terroriste aangewend word om hulle terreurdade voort te sit.

Die polisie woordvoerder sê sowat 24 miljoen tablette van sintetiese stof vervaardig, vorm deel van die terroriste se aanslag maar die inkomste is ook bedoel om bomaanvalle te finansier.

Die dwelms wat in pilvorm is, word verkoop teen meer as $2 elk, en ’n netwerk van smouse en vegters is behulpsaam om die dwelms van die hand gesit te kry.

Die polisie meen dat die terroriste moontlik ’n sentrum beset het waar die dwelms vervaardig en verpak word, maar sê dit kan op enige plek van die aarde wees.