Swede koop VSA missielstelsel

Die Skandinawiese land Swede is klaarblyklik besig om sy verdedigingsnetwerk aansienlik te verbeter, en het ondermeer ’n Amerikaanse missiel afweerstelsel bestel.

Swede is ook besig met ’n volledige ondersoek om Amerikaanse wapentuig aan te koop ten einde ’n deeglike opgradering te doen.

Swede het tydens die Amerikaanse demonstrasies van die Patriot stelsel in Pole gedurende 2015, waarnemers daarheen gestuur wat eerstehandse kennis van die VSA se wapentuig kon opdoen.

In ’n verklaring het Swede bekendgemaak dat onderhandelings met die VSA aan die gang is om wapens ten bedrae van sowat $1,2 miljard aan te koop.

Die Amerikaanse Patriot stelsel, wat gebruik word as grond tot lug missiel afweerstelsel, is ook geskik om vliegtuie tydens ’n vlug te vernietig.

Sedert verskeie lande die Amerikaanse missiel afweerstelsel aangekoop het, het Rusland beswaar gemaak en beweer dat die ontplooiing sy veiligheid bedreig, wat hom genoodsaak om ook meer stelsels te ontplooi.