Sieke genees deur gene te verander

Wetenskaplikes het as eerste probeerslag die gene van ’n siek persoon verander deur ’n uiters delikate operasie nadat hy nie op enige ander wyse genees kon word nie.

Die wetenskaplikes is seker daarvan dat die pasiënt binne drie maande volkome genees sal word van die siektetoestand wat voorheen as ongeneeslik beskryf is.

Met die gewaagde poging is die pasiënt se DNS permanent gewysig, maar is algehele herstel van die toestand feitlik ’n uitgemaakte saak.

Die eksperiment is die afgelope week in Kalifornië toegepas op ’n 44-jarige man, Brian Madeux, wat ly aan Hurter sindroom, ’n seldsame toestand van metaboliese aard.

Die siektetoestand word veroorsaak deur gene defek in die X-chromosoom van die menslike liggaam.

Die pasiënt kry miljarde kopieë van gene wat gekorrigeer is, en daarmee saam ’n modifikasie op die DNS op ’n spesifieke plek.

Hoe suksesvol die behandeling is, sal binne een maand vasgestel kan word, maar algehele herstel word oor 90 dae verwag.

Die koste van die behandeling beloop sowat $400 000 in die VSA.