SAUK raadslid bedank

Die nuut aangewese  raad van die SAUK is geskud met die bedanking van Rachel Kalidass.

In ‘n ope brief aan Zuma toon sy aan dat sy ’n probleem het met die raad se aanbevelings van die  kandidaat vir Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Alan Mukoki.

Daar is bewerings van bedrog en korrupsie teen Mukoki asook beskuldigings van konflik van belange.

Mukoki was voorheen hoof van die Landbank en het dié instelling tot op die rand van algehele ineenstorting bestuur.

Foto: Alan Mukoki