Bestanddele:
1 en half koppie rou bruin of wit rys
1 ui gekap
2 knoffelhuisies gekap
1 groen soetrissie gekap
6 Weense worsies in ringe gesny
2 koppies gemengde gevriesde groente
Halwe koppie Worcestersous
Halwe koppie tamatiesous
Halwe pakkie wit uiesoppoeier
1 koppie warm water
Kook die rys tot gaar.
Braai ui, knoffel en soetrissie saam in ‘n pan.
Ontdooi die vriesgroente en voeg by die uiemengsel
Voeg die Worcestersous, tamatiesous en Weense worsies by.
Laat prut vir 8 minute en voeg die gaar rys by.
Roer goed.
Meng die soppoeier met die koppie warm water en voeg by en laat vir 2 minute prut.
Skep in opdienbak en geniet.
Nuutste kommentaar