Roundup veroorsaak geen kanker

Terwyl die Europese Unie se lidstate voete sleep en nie tot ’n finale antwoord kom nie, het ’n onafhanklike studie deur deskundiges bewys dat die onkruiddoder Roundup geen kanker veroorsaak nie.

Die EU lidlande kon die afgelope week nie tot ’n beslissing kom nie, en kon ook nie hernude mark kontroles instel teen die omstrede middel nie.

Die Verenigde Nasies se Wêreld Gesondheid Agentskap het vroeër kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat die middel bevorderlik is vir kanker by mense

Die nuwe studie wat in samewerking met 45 000 Amerikaanse boere gedoen is wat Roundup gebruik het in die afgelope kwart eeu, het egter getoon dat die middel geen uitwerking het om kanker te bevorder nie.

Vir etlike jare het instansies en individue beweer dat die gifstof wat wêreldwyd gebruik word om onkruid te bestry, kankervorming bevorder, maar die jongste studie al daardie bewerings weerlê.