Robert Mugabe swig

Die president van Zimbabwe, Robert Mugabe, het geswig voor die druk van sy politieke party, ZANU-PF, en sy getroue weermag generaals het ook die druk volgehou.

Die 93-jarige diktator word opgevolg deur die visepresident, wat ook diktatoriale neigings het, en het menseregteskendings agter sy naam.

Die gepeupel het baljaar in die strate van Harare nadat die nuus bekend geword het dat Mugabe handdoek ingegooi het.

Die weermag en die regerende party het onderneem om nie vervolging in te stel teen Mugabe nie, en die verandering in die Zimbabwiese politiek word as ’n ligte staatsgreep gesien deur politici, maar die Zimbabwe regering en militêre magte ontken dit ten sterkste.