Rebelleleier van Columbië as president?

Ondersteuners van die voormalige rebellebeweging in Columbië, wat as die FARC berug was, maar uiteindelik die strydbyl teen die regering begrawe het, het nou hul oud bevelvoerder genomineer as presidentskandidaat.

Rodrigo Londono is egter nie ’n onskuldige rebel van etlike jare gelede nie, want hy word moontlik vervolg vir talle menseregte oortredings van die verlede.

Die FARC guerrillabeweging van weleer se ondersteuners is egter vas van plan om die woestaard te nomineer as kandidaat vir die 2018 presidentsverkiesing .

Rodrigo Londono het egter ’n sleutelrol vervul in die vredesonderhandelings wat twee jaar gelede met die regering van die land gevoer is.

Die FARC het vir 50 jaar ’n moeisame stryd gevoer as rebellebeweging teen die regering, maar het twee jaar gelede die strydbyl begrawe nadat ’n vredesakkoord deur die twee partye onderteken is.

Die rebelleleier het vroeër vanjaar ’n ernstige hartaanval gehad en is in Kuba behandel, wat by politici twyfel laat oor die wenslikheid om hom president van die land te maak.

Foto – Rodrigo Londono